Multi-Zone
is 'n draagbare en draadlose sekuriteit sisteem, wat gebruik kan word van die
kleinste huishouding tot die grootste nywerheid. dit is maklik om te installeer,
geen drade of kabels vereis behoudens die battery laaier wat 'n universele
prop-in is op die hoof eenheid alleen. Multi-Zone is uniek in die opsig dat dit is 'n duplex
sisteem, wat aanhoudend kommunikeer met die verskeie toevoer en afvoer sones.
die basies eenheid van die sisteem is 'n hoof paneel met 'n draagbare
sleutelbord wat dien as 'n programmeerder vir die hoof paneel en verskeie
kontroles bv. sone kontroleer, afgeleë kontroles, elektries deur sluit, bewaking
kamera kontroleer en sleutellose ingang eenhede. die hart van die sisteem is 'n
MBE (mikro beheer eenheid) dat is sagteware gedryf, wat tot 16 duisend sones kan
hanteer hierdie is beperk tot 99 deur 'n twee syfer LED vertoon, dit kan verdeel
word in 99 sektors x 99 sone wat meer is as 9800 sone of die vertoon kan
uitgebrei word tot meer syfers.
Sommige van die baie kenmerke van Multi-Zone
alarm is:
'n Ontvanger in u voertuig waarsku u as u
uithuisig was indien oortreders of aanvallers nog in u woning is en u inwag
en selfs die vertrek waar die oortreders is aandui.
'n Hele plaas of slegs die opstal se
heining kan bewaak word en die stelsel sal u onmiddellik waarsku wanneer 'n
oortreder binne kom en ook die sone waar hy binne kom.
'n GPS stelsel sal die posisie, waar ookal
op die plaas aandui aan persone tuis indien 'n persoon in die veld aangeval
word
Beweging opsporing deur, passiewe infrarooi
en mikrogolf.
Infrarooi strale in deure, gange, kamers,
skeidings en motor afdakke.
Draagbare paniek knoppies.
Toegangsbeheer tot sekuriteit, hoë risiko
en sensitiewe arias
MDMD IR bons sensor
Enige meganies skakel toestel soos venster
vibrators, magnetiese riet relês, druk knoppies ens.
Outomatiese beheer van bewaking kameras
Toegangsbeheer met RF afstandsbeheer,
gekodeerde IR afstandsbeheer, slim kaart, eeprom sleutels, magneties (e)
strook kaart, vinger afdruk, oog en stem identiteit.
Dit alles en nog meer kan gelyktydig met
'n enkel eenheid gedoen word.
Alle sones kan bewapen of ontwapen word
deur die druk van een knoppie op 'n sleutel-houer afstandsbeheer of
enkel sone met die gebruik van die sleutelbord.
Voortdurende kommunikasie tussen sone en
hoof beheer maak die eenheid peuter vry, alle gebreke en peuter op sone
kontrole word aangemeld wanneer dit gebeur.
Afwesige seine van sone kontrole
veroorsaak deur foute, sterk onherkenbare radio frekwensie seine,
aangewend deur indringers sal veroorsaak dat alarm aktiveer
'n Plus kenmerk van die sisteem is homself
te bewapen so gou as die laaste inwoner die huis verlaat sonder om die
alarm sisteem te bewapen.
Alle vervoermiddels is onder beskerming
van die sisteem so gou as dit in die omslag area van die sisteem kom
L.W. Hierdie is 'n toegepaste stelsel en word aangepas by u behoeftes en u
betaal slegs vir wat u nodig het die stelsel kan altyd uitgebrei word kontak
Micro Developments vir 'n analise
van u behoeftes.
Nota van die uitvinder ek het drie jaar gewerk aan hierdie
sisteem, om alle swak punte uit te stryk, die hele ontwerp is gedoen met die hoë
misdaad koers van Suid-Afrika in gedagte en die vermoë van kriminele om
sekuriteit stelsels buite werking te stel.